Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA)

GKSA EN ONS TEOLOGIESE OPLEIDING

In Januarie 2023 het die kerke wat in Algemene Sinode in Potchefstroom vergader het, beduidende besluite geneem wat ‘n sekere koers inslaan rakende teologiese opleiding. Hierdie besluite draai om die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA). In Engels: Reformed Theological Academy (RTA).

In ‘n reeks arkels wil die kuratore, die direksie van die GTA met insee van die Rektoraat van die Teologiese Skool inligng aan soveel moontlik lidmate van die kerke in die GKSA deurgee. Navrae ivm met die GTA word gerig aan Ds CA Jansen (carel.jansen@rgta.org.za )

1. WAT NOODSAAK DIE GTA?

Verskillende sienings en gevoelens bestaan by baie oor die totstandkoming van die GTA.

Waar kom die GTA vandaan?

Sedert 2006 het die Gereformeerde Kerke in SA (GKSA) ‘n ooreenkoms met die Noordwes Universiteit (NWU) gehad ten opsigte van die akademiese opleiding aan studente wat predikant in die GKSA wil word.

Sedert 2015 het die NWU met sekere bepalings van die 2006-Ooreenkoms ongemaklikheid beleef. Hierdie ongemak kom van die kant van die Raad op Hoër

Onderwys (RHO) wat sekere voorskrie in die vorm van direkewe aan

Universiteite gee. Omdat die staat universiteite befonds, het die staat die sê.

Binne die Wet op Hoër Onderwys (1997) mag Universiteite nie akademiese ooreenkomste met derde partye aangaan, waarin die derde party ‘n sê het oor wat aan studente geleer word (kurrikulum) en wie (dosente) dit aan die studente leer nie.

In 2021 het die NWU aan die GKSA (verteenwoordig deur die kuratore) baie duidelik geskryf: die bepalings in die 2006-Ooreenkoms waarmee die GKSA sy inset gee oor die kurrikulum en oor waer dosente vir kandidaatstudente (so noem ons die studente wat studeer om predikant in die GKSA te word) onderrig gee, is nie meer aanvaarbaar nie.

Die NWU loop die gevaar dat die RHO hulle lisensie weg mag neem as die bepalings van die 2006-Ooreenkoms in plek bly. Dit beteken dus dat die NWU die alleensê het oor die kurrikulum en die dosente. Die staat skryf aan

universiteite voor dat hulle baie sterker moet fokus op inklusiwiteit, diversiteit en Afrikanisering. Dit moet ook duidelik in die kurrikulum en aanwending van dosente na vore kom.

Kan die Fakulteit Teologie by NWU nog sê: ons fokus op Reformatoriese Teologie? Dit mag ‘n nis wees, maar na 2026 het ons geen sekerheid meer daaroor nie.

Die kerke wat in Sinode saamkom, het in Januarie 2018 opdragte aan die kuratore gegee (twee van 4 opdragte) om:

  • Die onderhandelinge met die Universiteit in ooreenstemming met die Ooreenkoms en in die lig van die Rapport van die Kuratore en Sinodebesluite hieroor voort te sit.
  • Volgens die regulasies van die Raad vir Hoër Onderwys (CHE) die noodsaak vas te stel van die registrasie van ‘n hoër onderwysinstelling. (Handelinge 2023:1005)

Die NWU sê in 2019: geen onderhandelinge, as GKSA, volgens regluasies van die RHO, nie eers ‘n Privaat Hoër Onderwysinstelling registreer nie. Die eerste onderhandelinge kon eers in 2021 hervat word, nadat bewys gelewer is van die registrasie van ‘n nie-winsgewende maatskappy (by CIPC) bekend as die GTA/RTA. Ja, Covid-19 het ook sy rol hierin gespeel sodat geen gesprekke in 2020 kon plaasvind nie.

Die onderhandeling met NWU sedert 2021 het gelei tot die voorstel van ‘n tussentydse ooreenkoms, wat én deur die NWU én die GKSA goedgekeur word. Op die vooraand van Algemene Sinode 2023 het die NWU kennis gegee dat hulle nie die tussentydse ooreenkoms aanvaar nie. Een van die faktore wat gelei het tot die besluite wat Sinode 2023 geneem het.

2. WAAROM DIE KURATORE MOES OPTREE.

Indien die kuratore vanaf Sinode 2018 niks gedoen het nie, sou tot en met 2023 geen gesprek met die NWU kon plaasvind nie. Terwyl die NWU baie duidelike geluide gemaak het om die 2006-Ooreenkoms te beëindig. Hiervoor geld ‘n 3-jaar wedersydse kennisgewingtydperk.

Indien die NWU in 2019 wel daartoe sou oorgaan, beteken dit dat daar einde 2022 geen ooreenkoms tussen die NWU en die GKSA meer bestaan nie. Ons sou 2023 ingaan met die volgende twee werklikhede:

  • · Leermateriaal waarop die NWU besluit, word aan ons kandidaatstudente onderrig. Ons belydenisgrondslag kan in gedrang kom.
  • · NWU kan enige dosent in die Fakulteit aanwys om aan kandidaatstudente onderrig te gee. Dit kan die deur oopmaak dat persone, teen die belydenisgrondslag van die GKSA, onderrig gee.

Vir die kuratore was en is hierdie twee punte ononderhandelbaar. Sowel inhoud as dosent bly gebonde aan die kerke se belydenis.

Binne die besluit van Sinode 2018 waarin die kuratore die noodsaak ooreenkomstig die regulasies van die Raad op Hoër Onderwys (RHO) moes vasstel, moes die kuratore optree.

Want die kuratore het as opdrag: die voorsiening vir, die sorg van en die toesig oor die diens van predikantsopleiding (Prospektus TSP, 2014).

Ook moet die kuratore sorg dra vir die beroepe professore. Dit sluit in hulle beskerming as personeel van die NWU sodat hulle steeds hulle roeping kan uitvoer binne hulle ondertekeningsformulier (waarmee hulle hulself tot die gereformeerde belydenis verbind).

Ja, die kerklike opleiding sou sonder ooreenkoms met NWU (of enige ander tersiëre instelling) kan voortgaan. Hiervoor het die GKSA al van die beginjare ‘n ‘n Teologiese Skool opgerig.

Sedert 1882 was dit ook vir die kerke belangrik dat die opleiding akademies gegradeer word. Opleiding moes van ‘n hoë standaard wees. Wat in 1882 die eerste tree was van ‘n akademies kwalifikasie by die Gill Institute in Somerset-Oos, later jare die graadstudie by UNISA , het sy voetstappe geplaas in ‘n

ooreenkoms tussen die GKSA en die PU vir CHO in 1945 en toe die ooreenkoms tussen die GKSA en NWU in 2006.

Met die verwikkelinge na ‘n Institusionele Oudit van die NWU deur die RHO in 2015 was dit baie duidelik: die pad vanaf 1945 is nie meer vir die voete van die GKSA beskikbaar nie.

Om met die werklikhede wat aan die ontwikkel was, niks te doen nie en te wag dat die kerke in Sinode 2023 moes gaan besin oor ‘n pad vorentoe, sou én ons beroepe professore én ons kanditaatstudente aan risiko blootstel. Waarin die kuratore oordeel dat die belang van kerke gedien moet word. Want die opleiding word uiteindelik in die kerke bedien.

Daarom het die kuratore aktief, en in sekere opsigte, pro-aktief opgetree. Ons teologiese opleiding in amp en akademie moes bly binne die Bybel en die belydenis. Daarom die GTA, waaroor die kerke toe saam in Sinode 2023 besluit het

Die kontak vir navrae is Ds C.A. Jansen by carel.jansen@rgta.org.za

GKSA EN ONS TEOLOEGIESE OPLEIDING (3)

3. WAT GEBEUR NOU MET DIE TEOLOGIESE SKOOL?

Die kerke het van die begin af duidelik verstaan dat predikantsopleiding die taak van die kerke is. Hiervoor is die eerste teologiese skool te Burgersdorp gevestig.

Al het die kerke toe al ook die belangrikheid van akademiese vorming erken, het die predikantsopleiding steeds by die Teologiese Skool plaasgevind. Die Teologiese Skool is ‘n skool vanuit die kerke, vir die kerke.

Selfs al het die teologiese studente in die vroeër jare hulle grade aan UNISA verwerf, en sedert 1945 in ‘n ooreenkoms met die PU vir CHO hulle grade aan die PUK verwerf, en sedert 2006 in ‘n ooreenkoms grade aan die NWU verwerf, het dit die plek en taak van die Teologiese Skool nooit in gedrang gebring nie.

Kerk en staat (in hierdie konteks die Universiteit) bly twee selfstandige inrigtings. Tussen die twee vind samewerking en wisselwerking plaas, maar die een neem nie die plek van die ander een in of oor nie.

Met die besluit van Algemene Sinode 2023 om die totstandkoming van die GTA te aanvaar, neem die GTA nie die plek van die Teologiese Skool in of oor nie.

In Nederland het die Christelijk Gereformeerde Kerken ‘n ander roete gevolg. Die Theologische School in Apeldoorn is omskep in die Theologische Universiteit Apeldoorn (TUA). In beginsel gee die kerke die teologiese opleiding prys aan die toesig van die staat.

Met die veranderinge wat in Suid-Afrika sedert 1997 (die Wet op Hoër Onderwys) begin intree het, het die werklikheid uiteindelik gekom, wat in die minderheidrapport by Sinode 1945 voorsien was oor die verhouding GKSA en die PU vir CHO. Die werklikheid is dat die kerke geen toesig meer het oor die leerinhoud en dosente in die akademiese opleiding van ons kandidaatstudente nie.

Die GTA is (om dit kortweg te stel) gestig om te fokus op die akademiese vorming van die studente. Die Teologiese Skool bly die skool vanuit die kerke en vir die kerke.

Predikante wat dus tot die 4e diens (doktore-amp) beroep word, verrig hulle diens aan die Teologiese Skool. Hulle is beroep om predikante op te lei, ooreenkomstig die vereistes wat die kerke stel (waaroor o.a. die Nasionale Sinodes van 1936, 1991 en 1994 besluite geneem het).

4. VERHOUDING GTA EN TEOLOGIESE SKOOL

 Die doel van die GTA word in sy Akte van Oprigting uiteengesit:

  1. Die voorsiening van opleiding vir die bedieningsbehoeftes, in besonder die vir
    GKSA, maar nie beperk tot die GKSA nie.
    Nota: Hierdie bedieningsbehoeftes is baie wyer as net opleiding van
    predikante. Die verslae wat sedert 2000 by verskillende Algemene Sinodes
    gelewer is, wys die noodsaak uit van ander behoeftes in die bediening. Daarom
    dat vir die toekoms gewerk word aan die beskikbaarheid van kort kursusse
    (o.a. vir ouderlinge, vir pastorale begeleiding, evangeliste of helpers) waardeur
    persone ook kwalifikasies kan verwerf indien so ‘n persoon homself/haarself
    verder akademies wil bekwaam.
  2. Die tweede doel sluit dan soos volg aan: Die aanbied van gehalte hoër
    onderwys en opleiding in verskillende programme.
    Nota: van belang is, in ons verantwoordelikheid teenoor God, om nie bloot
    akademie aan te bied met die oog op akademiese kwalifikasies nie, maar om
    studente ook in hulle persoon te vorm. Nie alleen vir Gereformeerde studente,
    maar ook as studente van ander kerke by die GTA wil studeer.
    Die prentjie is groter as net GKSA. Die Gees wys ons in die Bybel op die
    Koninkryk van God.
  3.  Om betrokke te wees in navorsing en die navorsing te bevorder.
  4. In aansluiting by pt 3, die Reformatoriese teologie uit te bou en te versterk op
    basis van die Bybel en die Drie Formuliere van Eenheid (Heidelbergse
    Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse Leerreëls)
  5. Om die GTA te posisioneer as ‘n Akademie van uitnemendheid op die Akrika
    kontinent, wat ook wêreldwyd deelneem om die Reformatoriese Teologie uit te bou.

Die doel van die Teologiese Skool is om aan die behoefte van die kerke te
voorsien in die ampsopleiding van studente om bedienaars van God se Woord
te kan wees in die kerke, ter wille van die Koninkryk van God.
Wat sal dan die verhouding wees tussen GTA en Teologiese Skool?

Terwyl die Teologiese Skool as ‘n skool van die kerke, vir die kerke, afgeronde
kandidate lewer vir bediening, lewer die GTA die dieselfde kandidate wat
teologies wetenskaplik goed toegerus is. So word aan die behoeftes van die
kerke binne die GKSA voorsien.
Die GTA mag wel ‘n selfstandige akademiese instelling wees (Privaat Hoër
Onderwysinstelling), maar wil tot diens wees van die GKSA (en daarin tot diens
van die Teologiese Skool). Maar dan nie net tot diens van die GKSA nie, maar
tot diens van die Koninkryk van God. Daarom sê punt 1 van die doel: nie beperk
tot die GKSA nie.

Die dosente by die GTA moet gereformeerd wees (getrou aan Skrif en
belydenis). Dit lyk tans of hierdie dosente ons eie beroepe professore sal wees.
Hulle word steeds beroep deur die Beroepingsvergadering van die Kuratore en
kan dan ook beskikbaar gestel word aan die GTA as dosente. Wanneer
akademiese opleiding ook aan studente uit ander kerke gegee moet word, kan
dit gebeur dat ander dosente daarvoor gerbruik word. Maar dan steeds
gereformeerd (Skrif en belydenis).

5. GTA EN DIE STAAT.
Die oprigting van die GTA begin met die stig van ‘n maatskappy sonder
winsbejag. So ‘n maatskappy (binne die Maatskappyewet 2008) moet aan
sekere regulasies, soos in die wet voorgeskryf, voldoen.
Daarvoor moet die maatskappy se bestuur jaarliks ook verslag doen aan die
betrokke owerhede. Net soos bv die Admin.Buro jaarliks verslag moet doen
oor die bestuur van die kerke se fondse aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
(SAID) en aan die FSCA (Finansiële Sektor Gedragsowerheid). Waarvoor? Om
seker te maak dat ons binne die bepalings van die wet optree. Dat gesonde
bestuurbeginsels toegepas is (soos bv in die KingIV verslag uiteengesit).
Om akademiese kwalifikasies aan studente te kan toeken (Hoër Sertifikaat,
Nagraadse Diploma of ‘n B-graad) moet die GTA by die Departement Hoër
Onderwys geregistreer word as ‘n Privaat Voorsiener van Hoër Onderwys
(Privaat Hoër Onderwysinstelling – PHO). Daarvoor moet sy akademiese
programme geakkrediteer en geregistreer word by die Raad op Hoër Onderwys
(RHO) en die Nasionale Kwalifiseringsowerheid (SAQA). En dan moet die GTA
daarna as maatskappy by SAID vir belastingvrystelling registeer.
In ‘n sekere sin, gekwalifiseerd, is daar ‘n vorm van staatstoesig oor die GTA as
‘n PHO.
Met verslagdoening aan die Departement van Hoër Onderwys en institusionele
oudits deur die RHO wil die staat weet: Bly julle by die reëls? Is julle opleiding
op standaard? Die belangrike is dat die integriteit van akademiese programme
beskerm word.
Maar die staat het, in terme van sy eie wetgewing, wat in sy regulasies omskryf
word , geen sê oor wie as dosente aangestel word nie en ook geen inspraak by
die inhoud wat aan studente geleer word nie. Hierdie inspraak kom uit die
kerke, want die kuratore moet elke 3 jaar aan die kerke in Algemene Sinode
verslag doen. Die kerke wat saamkom in Algemene Sinode beoordeel saam en,
deur middel van opdragte aan die kuratore, skryf die inhoud voor.
Die staat het wel ‘n inspraak by Openbare Universiteite oor aanstelling van
personeel en kurrikulum. Die mees onlangse voorbeeld is dat die NWU sy LL.B
(regte) program moes opskort, totdat aan sekere voorskrifte van die staat
voldoen is.

Met die GTA is die teologiese opleiding (in ampsopleiding en akademiese
vorming) volledig in die hande van die GKSA.